Drie sterf in Jhb-ongelukke

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is Saterdagaand in ongelukke in Johannesburg oorlede, het die Johannesburgse metropolisie Sondag gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê ʼn middeljarige man is dood nadat hy beheer verloor het oor sy Nissan Hardbody-bakkie op die N1-suid net na die Allandale-afrit. Hy sê bakkie het ʼn betonversperring getref en die oorledene is uit die bakkie geslinger. Die oorledene se vriendin en haar driejarige seun is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. In nog ʼn ongeluk op die M1 naby die Grayston-afrit het ʼn Porsche teen ʼn minibustaxi gebots en omgeslaan. ʼn Vrou is dood en nog twee vroue, onderskeidelik 24 en 71 jaar oud, is beseer. Intussen is ʼn 32-jarige man dood nadat hy sy motor in die noodlaan op die M1-suid parkeer het. Minnaar sê die man het uit sy motor geklim en is deur ʼn verbygaande motor doodgery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.