Drie sterf in Kuruman-ongeluk

Drie mense is Sondagoggend omstreeks 01:00 dood in ‘n ongeluk op die R31 in Kuruman.

Die bestuurder van ‘n Opel Astra wou glo ‘n Ford Focus verbysteek, waarna hy van agter teen dié motor gebots het. Die Ford Focus het op sy beurt ‘n Volkswagen Polo getref en die Astra het reg van voor teen ‘n Toyota Fortuna vasgery. Die bestuurder en beide sy passasiers in die Astra is op slag dood, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 gesê. Die twee mans in hul 20s en die vrou in haar vroeë 20s is op die toneel dood verklaar. Hul liggame moes met lewenskake uit die wrak gesny word. Die insittendes van die ander drie voertuie het slegs ligte beserings opgedoen en die bestuurder van die Fortuna is die enigste pasiënt wat privaat na ‘n hospitaal geneem is. Die plaaslike polisie sal die oorsaak van dié noodlottige ongeluk verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.