Drie sterf in KZN-ongeluk

Drie mans is dood en twee ernstig beseer nadat die motor waarin hulle gery het die pad verlaat en deur ʼn heining gebars het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Andre Visser, woordvoerder van ER24, sê die bestuurder van die motor het glo beheer verloor waarna die motor die pad verlaat het. “Die insittendes is uit die motor geslinger. Van hulle het sowat 50m van die wrak gelê.” Visser sê drie mans is op die toneel dood verklaar. Hy sê een van die beseerdes was onder die motor vasgekeer en moes met meganiese toerusting bevry word. Die ander beseerde man het rug- en nekbeserings opgedoen. Die mans is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.