Drie sterf in Mfuleni-botsing

Drie mense is Sondag dood nadat ʼn bakkie en ʼn vragmotor in Mfuleni in die Wes-Kaap gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die bakkie het na die botsing aan die brand geslaan. Hy sê drie insittendes was in die brandende bakkie vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Vermaak sê die vier insittendes van die vragmotor het ernstige beserings opgedoen. “Een van die insittendes van die vragmotor was vasgekeer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.” Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.