Drie sterf in ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Drie mense is Saterdagoggend dood en vyf is beseer nadat twee motors op die R25 tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit naby die weegbrug gebots het.

Volgens paramedici van ER24 het die ongeluk omstreeks 4:00 Saterdagoggend plaasgevind. Drie insittendes van die een motor is op toneel dood verklaar. Die oorledenes was glo almal in hul vroeë 20’s. Nog ʼn persoon was in die wrak vasgekeer en brandbestryders moes meganiese toerusting gebruik om die persoon uit die motor te bevry. Die persoon is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Die vier insittendes van die ander motor is beseer. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.