Drie sterf in ontploffing by PTA-huis

Argieffoto

Twee volwassenes en ‘n kind is Vrydagoggend dood ná ‘n ontploffing by ‘n huis in Pretoria.

“’n Man, vrou en kind is in die gasontploffing dood by ‘n huis in Bloubergstraat in Eersterust, Pretoria,” het Johan Pieterse, woordvoerder vir Tshwane brand- en noodbeheerdienste gesê. “Een persoon is ernstig beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.”

“Dit wil voorkom of daar ‘n gaslekkasie in die huis was en iets dit aan die brand laat slaan het,” het Pieterse bygevoeg. Die krag van die ontploffing het 75% van die huis se dak weggeblaas en een vertrek het aan die brand geslaan.

Die brand is geblus en die ondersoek aan die polisie oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.