Drie sterf in Pretoria-ongeluk

Drie mense is Maandagaand dood in ʼn gru-botsing op die N4-snelweg naby Akasia, in die noorde van Pretoria.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en die snelweg verlaat, waarna die voertuig teen ʼn betonpilaar gebots het.

Al drie insittendes, waaronder ʼn jong meisie, is op slag dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.