Drie sterf in Kimberley-botsing

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood toe twee voertuie Dinsdagaand mekaar reg van voor in Kimberley in die Noord-Kaap getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Woensdag gesê die twee voertuie het in Barklyweg gebots. “Drie mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Drie ander mense het verskeie beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Dit is tragies. Weereens is mense se lewens weg geruk.

Ek glo dat as, elkeen wat n motor bestuur, gaan sit en mooi dink, sal die persoon besef dat hy\sy ander mense se lewens in sy hande neem. So ook sy eie. Sal dit dalk help om die menslike foute wat gemaak word minder te maak?
Sou dit wel, glo ek daar sal baie minder ongelukke wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.