Drie sterf in KZN-botsing

Foto's: ER24

Foto’s: ER24

Drie mense is dood en tien beseer na ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor Donderdag in Pinetown, KwaZulu-Natal gebots het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die botsing het op Inandaweg naby Crestholme plaasgevind. “Twee vroue en ʼn man is op die toneel dood verklaar.” Jackson sê ʼn 11 maande oue baba is onder die beseerdes en is in ʼn kritieke toestand per helikopter na die hospitaal geneem. Nege ander mense het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Amanda/Sindy ·

Jaaag soos ‘n klomp klipkoppe geen respek vir niemand anders op die pad!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.