Drie sterf in motorfietsongeluk

iStock_000015602916XSmall91-320x212Drie mense is Dinsdag dood nadat twee motorfietse reg van voor gebots het in Lanseria, Johannesburg.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê twee vroue en ʼn man is in die ongeluk dood. Sy sê albei motorfietse het aan die brand geslaan na die botsing. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.