Drie sterf in N12-ongeluk

iStock_000015602916XSmall91-320x212Drie mense is Sondag dood in ʼn trompop-botsing op die N12 in Soweto, Gauteng.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê twee motors het reg van voor gebots naby die Eldorado Park-afrit. Hy sê ʼn man, ʼn tweejarige seuntjie en ʼn vrou is in die ongeluk dood. Botha sê drie mense is ernstig beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir verder behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.