Drie sterf in N4-botsing

iStock_000015602916XSmall91-320x212Drie mans is Sondagoggend dood en een beseer nadat hulle motor op die N4 tussen Witbank en Middelburg omgeslaan het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die drie oorledenes is uit die motor geslinger nadat dit omgeslaan het. Hulle is op die toneel dood verklaar. Jackson sê ʼn vierde insittende is in die wrak gevind en het verskeie beenbreuke opgedoen. Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.