Drie sterf ná bakkie rol

Drie mense is dood en een man veg vir sy lewe nadat ʼn voertuig Saterdagmiddag naby Bethlehem in die Vrystaat gerol het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 17:30 op die Wardenpad plaasgevind. “Dit wil voorkom of ʼn Corsa-bakkie beheer verloor en gerol het. Die wrak het in ʼn veld tot stilstand gekom nadat die passasiers uit die voertuig geslinger is,” het Botha gesê.
Paramedici het drie mense op die toneel dood verklaar. “Een man is aan die kant van die pad aangetref met erge beserings. Hy is op die toneel behandel en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.