ʼn Man en twee kinders is dood na ʼn vermoedelike gaslekkasie by hul huis in Grassy Park in Kaapstad.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die drie ander gesinslede, twee volwassenes en ʼn kind, het oorleef en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Jackson sê paramedici het die ses gesinslede in die huis gevind en dadelik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas. Die man en twee kinders is op die toneel dood verklaar. Die ander drie gesinslede is op lewensondersteunende masjiene geplaas en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Wat is ‘n geslekasie? Wat is dit deesdae met die koerante en nou praat ek van al die koerante, dat almal se berigte so vol foute is?
Lees better Sarie, GASLEKKASIE!!!!