Drie sterf ná ongeluk met lykswa

Argieffoto

Drie mense is Vrydag in Uitenhage dood ná ‘n ongeluk met hul voertuig en ‘n lykswa van die departement van gesondheid van die Oos-Kaap.

“Die bestuurder van ‘n donkerrooi Toyota Venture en twee van sy passasiers is in die ongeluk net na 10:00 op Ou Kaapseweg dood,” het lt.kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Drie ander mense in die Venture het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem. Die twee mense in die regeringsvoertuig is ook beseer.

Naidu sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Volgens AlgoaFM was die Toyota Venture ‘n taxi onderweg na Kwanobuhle.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.