Drie sterf na trok en bus bots

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is dood en 20 beseer nadat ʼn bus en ʼn vragmotor op die R61 tussen Queenstown en Cofimvaba in die Oos-Kaap gebots het.

Tshepo Machaea, woordvoerder van Arrive Alive in de Oos-Kaap, sê talle mense moes met meganiese toerusting uit die wrak van die bus verwyder word. Machaea sê een persoon is kritiek beseer en is per helikopter na ʼn hospitaal in Oos-Londen vervoer. Machaea sê die busbestuurder, een van die oorledenes, het beheer verloor oor die bus in ʼn poging om die botsing met die vragmotor te probeer vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.