Drie sterf op pad werk toe

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mense is Maandag dood nadat die Toyota Venture-voertuig waarmee hulle gery het, in ʼn ongeluk betrokke was.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het ongeveer 06:00 op die R59-pad, sowat 50 meter van die R42-pad in Vereeniging, plaasgevind. “Die Venture wat die mense na hul werk vervoer het, het agterin ʼn vragmotor vasgery,” het Jackson gesê. Die Venture se enjinkap is afgeruk.  ʼn Vrou, in haar 40s, se liggaam is op die enjin aangetref. Sy is op slag dood.

“Die bestuurder, ʼn man in sy 40s, se liggaam was in die wrak vasgekeer. Hy is weens ʼn ernstige kopbesering dood.”

Nog ʼn man is sy 40s is op die toneel dood nadat sy liggaam uit die voertuig geslinger is. Sy liggaam is langs die wrak aangetref.

“Sewe ander mense van die Venture het matige tot kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer. Die kritiek-beseerde pasiënt is met ʼn helikopter na die naaste hospitaal geneem. Die ander is met ambulanse na die MediClinic-hospitale in onderskeidelik Emfuleni en Vereeninging geneem vir verdere behandeling.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.