Drie sterf in trompop botsing

Foto: @DurbanFire/Twitter

Foto: @DurbanFire/Twitter

Drie mense is dood en vier beseer na ʼn botsing reg van voor in Tongaat, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê twee motors het reg van voor gebots. Een van die motors het weens die impak van die botsing aan die brand geslaan met twee mense wat in die wrak vasgekeer was. Botha sê hulle is op die toneel dood verklaar. Hy sê nog ʼn persoon is kritiek beseer. “Paramedici het vir omtrent 30 minute gepoog om die 29-jarige man by te bring. Hy is egter kort hierna op die toneel dood verklaar.” Nog ʼn persoon is kritiek beseer terwyl drie mense in ʼn ernstige toestand is. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale in die area vervoer vir verdere behandeling.
In nog ʼn ongeluk is 19 mense beseer na twee minibustaxis gebots het in Somerset Park naby Durban. Neil Powell, woordvoerder van Crisis Medical, sê die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.