Drie sterf tydens ‘waaghalsige ontsnappingspoging’

Die foto is deur @johannesmyburgh op Twitter gelaai.

Drie gevangenes is dood en 14 beseer na ʼn mislukte ontsnappingspoging waartydens ʼn polisievangwa opgeblaas is.

EWN berig dat die vangwa gevangenes van ʼn hof in Randburg terug na die Johannesburg-Sentraal-gevangenis vervoer het toe die ontploffing plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik watter toestel of plofstof gebruik is vir die waaghalsige ontsnappingspoging nie. Die ontploffing het by die Naturena-afrit op die Golden Highway gebeur en het die agterkant van die vangwa oopgeruk. Die bestuurder het egter aangehou ry tot by die gevangenis. Twee gevangenes kon daarin slaag om te ontsnap maar is later weer in hegtenis geneem. Tom Moyane, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, sê dit is een van die waaghalsigste ontsnappingspogings wat hy nog ooit gesien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.