Drie ‘stropers’ vas

Drie vermeende renosterstropers is Dinsdagmiddag deur die Limpopo-polisie in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om ʼn renoster te onthoring.

Kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoer, sê die verdagtes is Dinsdagmiddag in die Majeje-omgewing van Namakgale, naby Phalaborwa, in hegtenis geneem. “Die polisie het inligting opgevolg van ʼn verdagte voertuig met drie insittendes. ʼn Goeie beskrywing van die voertuig, ʼn groen Toyota Corolla, is deurgegee en die polisie het ʼn padblokkade in die gebied opgestel,” het Otto gesê.

Die polisie het die voertuig opgemerk en van die pad af getrek. Die voertuig is deursoek en ʼn 303-jaggeweer met ʼn knaldemper en ammunisie is gevind. Die polisie het ook beslag gelê op ʼn byl en die verdagtes se voertuig. Die verdagtes is onderskeidelik 20, 32 en 43 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.