Drie sussies sterf in botsing in Hartenbos

Drie jong sussies is Vrydag dood en hulle pa is ernstig beseer na ʼn botsing in Hartenbos in die Suid-Kaap.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê ʼn man en sy drie jong dogters, tussen die ouderdomme van sewe en elf, het in ʼn Opel Kadett gery toe ʼn Ford Focus teen hulle gebots het. Die drie sussies is uit die motor geslinger en twee van hulle is op slag dood. Die ander sussie en haar pa is op die toneel behandel voor hulle in ʼn ambulans gelaai is om na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer te word. Die ander sussie het onderweg na die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die pa het ernstige beserings opgedoen en is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal. Die bestuurder van die Ford Focus is lig beseer en word en is ook na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.