Drie taxi’s en voertuig bots in besige kruising

Foto: @VitalmedER / Twitter

Een persoon is dood nadat drie taxi’s en ʼn voertuig Vrydag in ʼn besige kruising in Strubens Valley, Roodepoort, gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het op die hoek van Christiaan de Wet- en Hendrik Potgieterweg plaasgevind.

“Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die voorval,” het Steinmann gesê.

Een persoon is dood, vier mense het ernstige beserings opgedoen en drie is matig beseer.

“Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.