Drie van binnelandse sake vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Drie beamptes van die departement van binnelandse sake in Limpopo en die Wes-Kaap is Maandag in hegtenis geneem vir korrupsie.

“Twee beamptes is by die Beitbrug-grenspos aangekeer nadat hulle glo omkoopgeld van reisigers aanvaar het,” het Connie Moitse, direkteur van die departement van binnelandse sake se ondersoekeenheid, gesê. “Die verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn.”

Die derde persoon wat in hegtenis geneem is, is ʼn beampte wat by die departement se kantoor in Wynberg in Kaapstad gewerk het. “Die persoon is vir beweerde bedrog en korrupsie aangekeer en sal ook Dinsdag in die hof verskyn,” het Moitse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

Na skuldigbevinding sal hul maar agter in die ry moet inval om in aanmerking te kom vir die Piesangrepubliek se nuwe president

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.