Drie van gesin op plaas doodgeskiet

Drie lede van ʼn gesin is Vrydag op ʼn plaas buite Griekwastad in die Noord-Kaap doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Blackie Swart, sê die voorval het omstreeks 18:00 op die plaas Naauwhoek, sowat 10km buite Griekwastad plaasgevind. Swart sê die egpaar se seun, Don Steenkamp (15), het op sy ouers Deon (44) en Christelle (43) en sy sussie, Marthella (14), se liggame afgekom. Hy sê Don was buite op die plaas gewees en het met sy terugkeer op die gru-toneel afgekom. Swart sê Don het na die dorp gejaag waar hy die polisie in kennis gestel het. Hy is in die sorg van ʼn voog geplaas. Swart het aan Maroela Media gesê die ondersoek gaan voort en dat dit in die stadium nog nie duidelik is wat presies gebeur het nie. Hy sê Don sal vandag terug na die toneel geneem word sodat daar vasgestel kan word of enigiets vermis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lome4 ·

..hierdie geweld is so sinneloos. Dit kom voor of daar net soveel Boere en hulle gesinne uitgemoor word as wat Renosters gemoor word..as jy nie van die een hoor nie, hoor jy van die ander..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.