Drie vas met perlemoen van R2 miljoen

Drie verdagtes is in Kaapstad in hegtenis geneem na onwettige perlemoen ter waarde van R2 miljoen in hul besit gevind is.

Volgens Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het die polisie Woensdagaand ʼn klopjag by die Canal Walk-winkelsentrum uitgevoer. Die polsie het ʼn taxi in die parkeerterrein deursoek toe hulle op die perlemoen afgekom het. Hulle het beslag gelê op 28 plastiese sakke met sowat 4 315 perlemoene daarin. Die beraamde waarde van die perlemoen is sowat R2 miljoen. Drie verdagtes is in die parkeerterrein in hegtenis geneem. Hulle gaan binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.