Drie vas na dwelmklopjag

handcuffs3-320x257Drie mans is Sondagoggend by ʼn dwelmlaboratorium in Kempton Park in hegtenis geneem.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die mans is op ʼn kleinhoewe op EP Malanweg in hegtenis geneem na die polisie ʼn wenk ontvang het. Sy sê een van die mans het van die polisie probeer vlug met hul aankoms op die toneel maar is in hegtenis geneem. Mogale sê nog twee mans, een glo ʼn priester, is in hegtenis geneem. Die polisie het op kokaïene, chemikalieë en ander dwelms beslag gelê. Daar is ook op vyf selfone, R8 000 en ander produkte met ʼn straatwaarde van nagenoeg R1 miljoen beslag gelê. Die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.