Drie vas na hoëspoed-jaagtog

Drie vermeende rowers is Maandag in hegtenis geneem na ʼn hoëspoed-jaagtog in Grahamstown in die Oos-Kaap.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê die vermeende rowers het Maandagoggend ʼn man van ʼn onbekende bedrag geld geroof voor ʼn bank in Grahamstown. Die man se werkgewer het vir hom in ʼn motor gewag en het die rowers agternagesit toe hy gesien het wat gebeur. Govender sê gedurende die jaagtog het die vermeende rowers op die werkgewer geskiet waarna hy ook op hulle geskiet het. Govender sê die polisie is ontbied en het by die jaagtog aangesluit. “Die verdagtes het hulle motor in ʼn erf gestop en deur ʼn heining probeer vlug maar is voorgekeer.” Die drie vermeende rowers is in hegtenis geneem en die kontant is in hulle besit gevind. Die drie mans, tussen 30 en 50 jaar oud, sal binnekort in die Grahamstown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.