Drie vas na hulle egpaar beroof, aanval

Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle ʼn man en sy vrou in hul huis in Hercules, Pretoria aangeval en beroof het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê gewapende rowers het Vrydagaand by die egpaar se huis ingebreek. Hy sê ʼn buurman het gaan ondersoek instel na hy geraas gehoor het waarna hy een van die rowers gekonfronteer het. Die buurman het die rower oorval en ontwapen. Dlamini sê nog twee van die rowers is deur lede van die gemeenskap vasgetrek terwyl hulle probeer ontsnap het. ʼn Onbekende aantal rowers kon daarin slaag om met die huiseienaar se motor en ander huishoudelike items te vlug. Die motor is later verlate in Atteridgeville gevind. Dlamini sê die huiseienaar en sy vrou is aangerand en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie soek steeds na die ander rowers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.