Drie vas na hulle polisieman aanrand

Saps-ls10-320x224Drie mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn polisiebeampte aangerand het in Mankweng, Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes, onderskeidelik 21, 24 en 27 jaar oud, het die polisiebeampte glo Saterdagoggend by ʼn vulstasie aangerand. Mulaudzi sê die polisiebeampte was onderweg na Mankweng toe ʼn motor agter hom vir hom ligte geflikker het en hy die motor laat verbysteek het. Terwyl die motor besig was om die polisiebeampte se motor verby te steek het een van die insittendes ʼn bottel na die polisiebeampte se motor gegooi. Mulaudzi sê die polisiebeampte, wat in volle uniform was, het bedreig gevoel en weggejaag. Hy het later by ʼn vulstasie stilgehou. Die drie mans, wat glo onder die invloed van alkohol was, het ook by die vulstasie stilgehou. Mulaudzi sê die drie mans het die polisiebeampte se motor genader en sy motor se ruite stukkend geslaan. Die polisiebeampte het sy dienspistool uitgehaal en na die winkel by die vulstasie gehardloop. Die drie mans het gevolg en die polisiebeampte glo erg aangerand. Die polisie is ontbied en die drie mans is in hegtenis geneem. Hulle word van kwaadwillige saakbeskadiging, poging tot kaping en aanrading aangekla. Hulle sal na verwagting Maandag in die Mankweng-landdroshof verskyn. Die polisiebeampte is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vi behandeling en is later ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Seg Net ·

Brandewyn behoort nie gemeng te word nie, dan gebeur sulke voorvalle.

Jasper ·

Brandewyn laat daardie tor in die boonste verdiepping snaakse goed doen.

vuurvreters ·

Ja daar het jy dit!!! Maar as n polisie man n blanke vrou reg voor die polisie stasie dood skiet gebeur daar NIKS. Hyt seker weer gedink hy is baas van die plaas.

Andreas Meyer ·

Wat nou as die polisieman eers ‘n ongeluk met die voertuig veroorsaak het en toe weg gery het na die vulstasie toe? En wat nou as hy die een ou eers met die vuurwapen gedreig het toe hulle hom daar aangekeer het? Toe hy besef dit gaan dinge erger vir hom maak, het hy maar eerder die wapen ingehandig daar. Ek dink daar is ‘n paar dinge wat die mense vergeet wat hier so vinnig oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.