Drie vas ná KZN-slagting

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn slagting vroeër die maand wat vyf mans dood en 17 beseer gelaat het.

Maroela Media het vroeër berig dat die polisie hul hande vol het nadat geweld in die Ngudwini-gebied, in KwaZulu-Natal, uitgebreek het. ʼn Groep verdagtes het op 4 Augustus losgebrand op ʼn groep mense wat ʼn tradisionele geleentheid by die Khuzwayo-plaasopstal in die omgewing bygewoon het.

Kolonel Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Zwelibanzi Mthetwa (57), Sibongiseni Mthetwa (25) en Sithembiso Mthetwa (28) is in verband met die aanval in hegtenis geneem en het reeds in die Nyoni-landdroshof verskyn.

“Die mans word van moord en poging tot moord aangekla. Hulle moet weer op 3 September in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen,” het Naicker gesê.

Naicker sê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en dat dit nie aan politieke geweld verbind kan word nie. Volgens gerugte is daar spanning tussen twee nedersettings in die gebied, wat moontlik tot die aanval kon lei. Naicker het gesê meer verdagtes kan nog in verband met die aanval in hegtenis geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.