Drie vas ná moord op bejaarde

crime scene tapeDrie mans is Dinsdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord en roof op ʼn bejaarde man by sy huis in Greytown, KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die mans is op heterdaad betrap by die huis van die 70-jarige slagoffer. Die slagoffer se naam is nog nie bekend gemaak nie.

“Die mans het die slagoffer vasgebind, en op sy kluis se sleutels aangedring. Hulle het hom daarna verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek,” het Zwane gesê.

Inwoners van die omgewing het die polisie ontbied toe hulle onraad by die bejaarde se huis vermoed het.

“Die polisie het dadelik op die oproep reageer en die drie mans in die huis aangetref. ʼn Verdagte wat buite die huis gewaak het kon daarin slaag om te ontsnap.”

Die mans, tussen 19 en 20 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Greytown-landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van moord en huisbraak. Die polisie ondersoek die moontlikheid of hulle aan ander huisbrake in die gebied verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eugenie ·

Terwyl daar nou na hulle verwys word as mans, hoop ek hulle word hanteer soos mans! My weergawe is allermins dat dit mans was, meer moordenaar-lafaards. Mens het net nie meer woorde vir al hierdie moorde nie. Baie dankie aan die opmerksame inwoners, net jammer die moord was klaar gepleeg, enigste troos is, die skuim is op heterdaad betrap.

Linda ·

ek dink hierdie moordenaars is so wreed omdat hulle n dier in die oë kan kyk en kan keel afsny of martel sonder om n oog te knip – dit is hoekom dit hulle nie pla oor wat hulle doen nie. Ek oorweeg dit baie sterk om nie te stem nie – ek wil stem vir n party – enige party- wat die dood straf sal terug bring

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.