Drie vas ná moord op restaurantbestuurder

Foto: Kempton Express

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Vrydagmiddag ʼn 45-jarige restaurantbestuurder, Darren Butcher, by sy restaurant in Kempton Park, Gauteng, tydens ʼn rooftog doodgeskiet het.

Volgens kaptein Jethro Mtshali, ʼn polisiewoordvoerder, het ʼn gewapende man die Adega-restaurant in Monumentweg binnegestorm terwyl sy medepligtiges in ʼn wegkomvoertuig gewag het.

“Die restaurant se bestuurder is tydens die rooftog noodlottig gewond, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het,” het Mtshali aan LookLocal Kempton Park gesê.

Beamptes van die Gautengse blitspatrollie het op die voorval reageer en die verdagtes omstreeks 15:00 in Dannweg opgemerk. ʼn Hoëspoed-jaagtog het gevolg. Hulle is by ʼn kruising vasgetrek ná die polisie op hulle geskiet het. Die polisie het ook op ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die mans sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord en roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.