Drie vas na moord op seun (8)

Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 8-jarige seun en ʼn aanval op ʼn vrou in Kaapstad.

Kapt. Frederik van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, sê die eerste verdagte is Saterdag in hegtenis geneem. Hy sê nog twee verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem na verdere ondersoeke. Die seun, Junaid McKenzie, is die aand van 27 Junie in Steenberg doodgeskiet. “Hy het buite gespeel en naby hom was mense wat dominoes onder ʼn lamppaal gespeel het. Skote is geskiet en hy is raakgeskiet. ʼn 32-jarige vrou is in die rug geskiet.” McKenzie het in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die drie verdagtes sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.