Drie vas na moord op tienerseun

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012Drie mans is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 16-jarige seun in die Oos-Kaap.

Kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, het die tienerseun glo Vrydag naby Mthatha doodgeskiet. Hy sê die polisie het op vier vuurwapens, insluitend ʼn AK47, twee 9mm-pistole en ʼn haelgeweer beslag gelê. Fatyela sê die polisie verwag om binnekort nog mense in hegtenis te neem en op nog wapens beslag te lê. Die motief vir die moord is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.