Drie vas ná plaasmoord

Timothy Green

Drie mans is Dinsdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Timothy Green.

Green (44) is Sondagaand op sy plaas in Newcastle doodgeskiet. Klik hier om meer te lees.

“Die mans sal Woensdag in die landdroshof in Newcastle verskyn,” het kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. Hulle staar aanklagte van moord, huisbraak, diefstal en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die gesig.

Lees ook:
Plaasmoord: Boer op KZN-plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Max Grobler ·

Wat kan mens se,oor die wreedaardigheid van die barbare, hoe lank sal dit nog aangaan. Hoop die CancER regering se oe gaan oop en doen iets, maar soos dit vir my lyk is daar nie hoop in die hel nie. Sterkte aan alle families wat deur hierdie moeilike tye gaan.

a.lombard ·

Wanneer gaan dit ophou? wanneer gaan ons soos een persoon saam staan en SKREEU genoeg is genoeg voor die REGTE persone se deure,Skreeu bring die Laksman terug. Wat gaan gebeur met die skuldiges?
Hulle kry borgtog
Hulle pleit onskuldig of weer die bekende pleit”Hulle was seksueel gemolesteer””
Kry drie jaar en gaan weer vry

Hoe gaan ons die moorde beeindig, wie gaan opstaan? waar is ons sterk jong manne?Ons benodig ‘n man (Ook ‘n Mandela, net nie korrupt nie)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.