Drie vas ná R42 m.-bedrog by poskantoor

Drie mense, wat glo deel is van ʼn sindikaat wat glo betrokke was by die bedrog en diefstal van sowat R42 miljoen by die poskantoor, is in hegtenis geneem.

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se woordvoerder, Lungile Lose, se twee van die verdagtes is werknemers van die poskantoor. “Ons kan bevestig dat hulle verlede week in hegtenis geneem is na ʼn interne ondersoek.” Hy sê ʼn taakspan, forensiese kundiges en Sapo-werknemers het gehelp om die verdagtes vas te trek. Die diefstal het tussen 1 en 3 Januarie plaasgevind en is glo gedoen deur ʼn sindikaat wat weet hoe die poskantoor se inligtingstegnologie-stelsel. Die sindikaat het verlede jaar talle rekeninge by poskantore regoor die land geopen. Hulle het glo gedurende die feesseisoen toegang verkry tot ʼn rekenaar by die Rustenburg-poskantoor waar hulle deposito’s gemaak het van ander rekeninge na hulle eie rekeninge. Die geld is hierna van OTM’e in Gauteng, Vrystaat en KwaZulu-Natal onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.