Drie vas oor bendeverkragting

Drie beweerde verkragters is in Dutywa in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, sê die 22-jarige en twee 18-jariges is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 24-jarige vrou om die beurt verkrag het. “Die vrou het glo Sondagaand saam met twee ander mense in ʼn plakkershut geslaap toe die drie mans haar glo aangeval het. Sy is glo na ʼn ander plakkershut geneem en herhaaldelik verkrag.” Die vrou het die voorval by die Dutywa-polisiestasie aangemeld en die drie verdagtes is kort hierna by hulle huise in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Dinsdag in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.