Drie vas oor dagga

Die dagga waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die dagga waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Drie mans is Maandag in Hartebeeskop, Mpumalanga in hegtenis geneem nadat dagga met ʼn straatwaarde van R1,5 miljoen in hul besit gevind is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die drie mans is glo van Tanzanië en is tussen 22 en 46 jaar oud. Mohlala sê die polisie het op verskeie sakke saamgeperste dagga beslag gelê nadat hulle ‘n swart dubbelkajuitbakkie van die pad af getrek het tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie. Die mans is in hegtenis geneem en daar is ook op die bakkie beslag gelê. Die mans sal Dinsdag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.