Drie vas oor dronk negejarige op video

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

 

Die beeldmateriaal van die seun volg in ‘n skakel onderaan die berig. Drie mense word daarvan beskuldig dat hulle alkohol aan ʼn negejarige seun van Nieu-Seeland verskaf het, nadat hy besope by ʼn skaatsplankpark aangetref is.

Twee mans, onderskeidelik 20 en 27 jaar oud, en ʼn 25-jarige vrou van Fairfield in Hamilton word daarvan beskuldig dat hulle alkohol aan ʼn minderjarige verskaf het, berig 3news. Die drie moet weer op 28 Januarie in die hof verskyn.

Die drie kan elk ʼn boete van NZ$2 000 (ongeveer R18 000) opgelê word indien hulle skuldig bevind word.

Beeldmateriaal van die seun, wat op YouTube gepubliseer is, het groot reaksie uitgelok en daar is wêreldwyd daaroor berig.

Bradley Goudie (18) het die video opgelaai. Die seun sukkel om te staan en sleep sy tong. “Ek was al vantevore dronk,” sê die kind.

Die seun se ma het verlede week aan ONE News gesê sy het nie geweet haar seun is by die skaatsplankpark nie en sy was besig om aandete voor te berei. “Die laaste wat ek van hom gesien het is toe hy oor die pad gestap het om met sy maats te gaan speel en vir hulle te sê dit is sy verjaarsdag,” het die vrou gesê.

Lees ook:
Video: Ontstellende beeldmateriaal van beskonke negejarige

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.