Drie vas oor dwelms

handcuffs3-320x257Drie mense is in verband met dwelmhandel in Lonehill, Johannesburg in hegtenis geneem.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê twee Nigeriërs, onderskeidelik 41 en 33 jaar oud, en ʼn 23-jarige Zimbabwiese vrou is in hegtenis geneem. Hy sê hulle het op kristal metafetamien, kokaïene en Cat ter waarde van R1,2 miljoen beslag gelê. Genl.maj. Shadrack Sibiya, hoof van die Valke in Gauteng, sê sy span sal nie rus voor elke dwelmlaboratorium wat hierby betrokke is gevind is nie. Die drie verdagtes sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.