Drie vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Drie mense wat glo beplan het om ʼn private ondersoeker en ʼn polisie-ondersoekbeampte, wat betrokke is by die ondersoek na Radovan Krejcir, te vermoor is Donderdag in hegtenis geneem.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê die moorde was veronderstel om Donderdag plaas te vind. Hy sê ʼn man is Donderdagmiddag in ʼn restaurant in Sandton in hegtenis geneem waarna ʼn man en ʼn vrou later by ʼn hotel in Sandton in hegtenis geneem is. Makgale sê die mans is onderskeidelik 32 en 33 jaar oud terwyl die vrou 23 jaar oud is. Hy sê die polisie het op verskeie vuurwapens waaronder ʼn R5-aanvalsgeweer, twee 9mm-pistole en ʼn bloulig beslag gelê. Makgale sê daar is ook op ʼn BMW X6, ʼn Nissan paneelwa en ʼn Toyota Fortuner beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Sandton-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, diefstal en die besit van ʼn gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rieks ·

Adriana – dink jy nie dit is die rede hoekom die name nie bekend gemaak word nie… Daar is dan al klaar aanslae op hulle lewens…

Rieks ·

Al sit die man agter tralies het hy nog steeds die “konneksies” om mense uit te vat… Des te meer rede om hom daar te hou! Hy weet nou seker van geen sout of water nie…

GawieM ·

Waarom hulle nie die gemors uit die land sit nie is ‘n raaisel. Of moontlik nie. Hoeveel regerings amptenare is op sy betaal staat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.