Drie vas oor plaasaanval

Twee mans en ‘n vrou is vir die aanranding en roof van Jacobus Petrus Botha, ‘n bejaarde boer van Arlington, Vrystaat, in hegtenis geneem.

Botha (73) is op 7 Desember glo deur vier mans in sy slaapkamer met ‘n knopkierie aangerand. Die mans het geld en vuurwapens geëis, berig OFM. “Die vrou is ‘n werknemer van Botha en is Donderdag op die plaas in hegtenis geneem,” het Majang Skalkie, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. Die ander twee verdagtes is in Bethlehem aangekeer.

Botha se huis is tydens die aanval geplunder en ‘n DVD-speler is ook gesteel.

Een van Botha se plaaswerkers het die volgende oggend op hom afgekom waar hy vasgebind is. Hy is na die Senekal-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens Skalkie sal die drie binnekort in die landdroshof in Lindley verskyn.

Bron: OFM
Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.