Drie vas oor seinsteurtoestel

Drie mans is Donderdag in Rosebank in Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn seinsteurtoestel, wat gebruik word om by motors in te breek, in hulle besit gevind is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Lungelo Dlamini, sê die seinsteurtoestel, ʼn selfoon en talle CD’s is in die mans se besit gevind. “Die mans is in hegtenis geneem na ʼn wenk van die publiek. Die mans het na verwagting die goedere wat in hulle besit gevind is uit motors gesteel.” Dlamini sê hulle probeer steeds vasstel of die toestel wat in die mans se besit gevind is wel gebruik is om by motor in te breek. Die drie mans, tussen 22 en 27 jaar oud, sal na verwagting Vrydag in die Hillbrow landdroshof verskyn.

ʼn Seinsteurtoestel word gebruik om ʼn motor-afstandbeheerder se sein te blokkeer wanneer ʼn motoris die motor probeer sluit. Die toestel keer dan dat die motor sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.