Drie vas vir dwelms op OR Tambo

Drie mense is die afgelope paar dae by die OR Tambo Internasionale lughawe in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Kol. Tummi Shai, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn 34-jarige Colombiaanse man is Maandag in hegtenis geneem nadat kokaïne ter waarde van nagenoeg R780 000 in sy besit gevind is. Die dwelms was in die man se baadjie en skoene versteek. Hy sal na verwagting vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn. Twee mans is die naweek in hegtenis geneem nadat hulle vanaf Suid-Amerika by OR Tambo geland het. Die een man, 47, is Saterdag in hegtenis geneem nadat 1,4kg kokaïne in sy besit gevind is. Die ander man, 28, het 2,4kg kokaïne in sy besit gehad. Die twee mans het Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn en bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.