Drie vas vir gay man se moord

Uiteensetting: EWN

Drie mans is in hegtenis geneem vir ‘n jaaroue moord wat moontlik verband hou met die moorde op sewe gay mans in Gauteng.

The Star-koerant het verlede jaar berig oor agt gay mans wat in Gauteng vermoor is. Dit blyk dat die moorde met mekaar verbind kan word weens die manier waarop die mans vermoor is, berig EWN. Die polisie het egter verlede week eers aangekondig dat hulle na ‘n verdagte op soek is wat moontlik met vier van die moorde verbind kan word. Beamptes het nou ook gesê dit is moontlik dat ‘n bende vir die moorde verantwoordelik kan wees.

Maj.Gen. Norman Taioe, hoof van Gauteng-speurders, het gesê die drie mans kan aan ten minste een van die agt vermoedelik reeksmoorde verbind word. Beamptes ondersoek moontlike verbintenis aan die ander sake. Taioe sê drie mense is in verband met die saak in hegtenis geneem.

Die drie mans word daarvan verdink dat hulle Barney van Heerden, ‘n inwoner van Orange Grove, vermoor het. Van Heerden is in September verlede jaar in sy huis vasgebind en vermoor.

Die polisie vermoed die groep teiken gay mans en doen ‘n beroep op die gay gemeenskap om bedag te wees op wie hulle in hul huise toelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.