Drie vas vir gesteelde kos

Drie mans is Sondagoggend in hegtenis geneem vir diefstal en kos ter waarde van R300 000 is herwin.

“Die polisie het omstreeks 01:00 ‘n vragmotor en sleepwa in bosse naby Olifantsfonteinweg en Old Pretoria Mainweg in Midrand opgemerk,” het Wayne Minnaar, hoofsuperintendent van die Johannesburgse Metropolisie, gesê. “By nadere ondersoek het hulle op drie mans afgekom wat besig was om kruideniersware insluitend babakos, babadoeke, en aanroldeodorant ter waarde van R300 000 af te laai.”

“Die kruideniersware is van die vragmotor na ‘n Nissan-bakkie afgelaai. Die eienaar van die vragmotor en sleepwa was ‘n kontrakteurbestuurder vir Spar-kettingwinkels. Al drie die mans is op die toneel in hegtenis geneem,” het Minnaar bygevoeg. Minnaar sê die mans sal Maandag in die landdroshof in Randburg verskyn op aanklag van diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.