Drie mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Dan Knight (56) by sy plaashuis in Underberg, KwaZulu-Natal.
“Die mans, tussen 22 en 32 jaar oud, word van moord en roof beskuldig en is in Bulwer, KwaZulu-Natal aangekeer,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die mans is met van die gesteelde goedere betrap.”
Die mans het Knight en sy vrou Donderdag by hul plaashuis oorval. Knight se hande en voete is vasgebind en sy mond is bedek. Hy is aangerand totdat hy gesterf het.
Sy vrou is in die badkamer toegesluit, maar sy kon deur ʼn venster ontsnap en hulp ontbied.
Die mans het die egpaar se Toyota Land Cruiser en Isuzu-bakkie gesteel en ʼn selfoon en drie haelgewere gebuit.
Die mans sal Dinsdag in die Himeville-landdroshof verskyn.
Lees ook:
KZN-plaasmoord: Boer se naam bekend
Plaasmoord: Boer glo met hamer doodgeslaan
“Hy is aangerand tot hy gesterf het” Wat is die verskil tussen dit en martel ?
Hy is gemartel tot hy dood is !
of
Hy is dood gemartel !
Liewe aarde, hoe verskriklik moet dit nie wees nie ? Die doodstraf moet teruggebring word, en baie dringend ook.