Drie vas vir Noordwes-moord

boeie 2

Argieffoto

Drie mans is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn man van Sondela informele nedersetting in Boitekong naby Rustenburg, het die polisie Donderdag gesê.

“Die mans, tussen 22 en 40 jaar oud, is Woensdag omstreeks 11:00 aangekeer en word aangekla van moord,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Na bewering was die 30-jarige slagoffer van Sondela op pad huis toe, toe die mans hom oorval het. Hulle het begin stry.”

Makau sê die man is met ʼn skerp voorwerp in sy rug en linkerhand gesteek.

Dit is nie duidelik waaroor die mans gestry het nie.

Hulle sal Vrydag op aanklag van moord in die Rustenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.