Drie vas vir renosterstropery

Drie mans is in Phalaborwa in Limpopo in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het op ʼn ongelisensieerde jaggeweer en rewolwer, ʼn gelisensieerde pistool en ʼn voertuig beslag gelê. Die verdagtes, ʼn Suid-Afrikaner en twee Mosambiekers, sal binnekort in die Hoedspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en sameswering om renosters te stroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.