Drie vas vir verkragting

tronk 2Drie mans is in Gauteng in hegtenis geneem nadat hulle glo Sondagaand ʼn 15-jarige meisie verkrag het.

Ao. Kay Makhubela het gesê die drie mans het omstreeks 18:30 die meisie in Jabulani, Soweto, oorval en na ʼn onbekende plek geneem waar hulle haar om die beurt verkrag het.

Volgens Makhubela het inwoners die meisie saam met die mans gesien en haar familie ontbied. “Toe die meisie se familie haar opgespoor het, het sy vir hulle gesê sy is verkrag,” het Makhubela gesê. ʼn Verkragtingsaak is Sondagaand aanhangig gemaak.

“Ons het regdeur die aand na die verdagtes gesoek en hulle Maandagoggend omstreeks 06:00 in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rondom Lelik ·

Die verkragtings hoofstad van die wêreld doen sy naam elke vier minute gestand. Hy sal nie as wêreld kampioen onttroon word onder die regering wat nou aan bewind is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.